Aum Shinrikyo (Japannees: オウム真理教, Ōmu Shinrikyō), nou verdeel in Aleph en Hikari no Wa, was 'n Japannese terreursekte wat voorheen gelei is deur Asahara Shoko. In 1995 het die sekte bekend geword vir die aanval op die metro van Tokio met tuisgemaakte senuweegas, sarin. Dertien mense is dood en 5 500 beseer in hierdie aanval. Dit het later geblyk dat hierdie doodskultus die jaar tevore verantwoordelik was vir 'n vroeëre sarin-aanval. Baie lede van die groep het nie daarvan geweet nie. Diegene wat die aanval in die geheim uitgevoer het, het dit gedoen sonder dat die gewone gelowiges daaroor ingelig is nie.
Aum Shinrikyo is deur verskillende lande, insluitend Kanada, Kazakstan en die Verenigde State as 'n terroriste-organisasie bestempel. Die Japanse Nasionale Kommissie vir Veiligheid beskou Aleph en Hikari no Wa as gevaarlike afsplitsings uit die doodskultus en het in Januarie 2015 aangekondig dat hulle vir minstens nog drie jaar gemonitor moet word.